Die nuwe hervormers en die nuwe hervorming beweging of netwerk.


Die nuwe hervormers is 'n groep teoloë wat die Bybel op 'n meer moderne manier probeer verklaar. Godsiens moet vir die moderne ( of sg. post moderne mens) sin maak. Godsdiens moet met die moderne lewensbeskouing en wetenskap versoenbaar wees.

Hulle is nie ateiste nie, maar stel 'n meer panteïstiese geestelike godsdiens voor. Sommige kritici sal se hulle neig na ateisme.

Hulle betwyfel daarom die volgende grondbeginsels van Christendom:

Die maagdelike geboorte van Jesus Christus.

Sy opstanding uit die dood.

Sy wonderwerke.

Stel die evangelie volgens Thomas gelyk aan die ander evangelies.

Die erfsonde word bevraagteken.

Die Goddelike inspirasie van beide die Ou en Nuwe Testamente word sterk bevraagteken.

Die Christelike godsdiens is maar net een van baie vorms van aanbidding en het geen absolute waarhede nie. Dit is maar net nog 'n kultuur verskynsel. (volgens hulle).

Hulle betwyfel ook die profesieë wat Chistus se geboorte en Messiaanse Ryk voorspel.

Hierdie artikel benader hulle standpundte vanuit die oogpunt van 'n gewone gelowige met 'n natuurwetenskaplike agtergrond. Let veral op die woord gelowige. Wat is geloof?"

Hierdie bladsy ( en die ander bladsye waarna ek verwys) is my reaksie op die nuwe hervorming se argumente vanuit "die geloofsoortuiging. van 'n natuurwetenskaplike".

Dit mag snaaks klink , maar daar is toenemende ondersteuing vir die sogenaame "By Intelligent Design" wetenskaplikes.

Ek aanvaar die volgende veronderstellings omdat ek tot dusver niks kon vind wat my anders kon oortuig nie. Ek is oortuig dat daar in sekere kringe sterk verskil gaan word. Die leser word egter aangeraai om al my argumente te ontleed voordat daarop reageer word Die redes waarom ek die volgende veronderstellings maak, sal dan duideliker wees. ( ek ken en het waarskynlik meeste van die teen argumente ontleed)

1. Die evangelie volgens Mattheus is deur die Mattheus waarna daar in Handelinge verwys word, geskryf.

2. Die evangelie volgens Lukas en Handelinge is deur die Griekse geneesheer Lukas geskryf

3 Die evangelie volgens Markus is deur Johannes Markus (Eng. John Mark) geskryf.

4 Die evangelie volgens Johannes is deur die appostel Johannes geskryf.

5. Ek aanvaar dat as in die eerste en tweede eeuse Christendom na 'n persoon verwys word ( sonder om meer agtergrond te verskaf) dit na 'n baie bekende Christen wat nie verdere beskendstelling nodig het nie, verwys

6 Ek aanvaar dat die sg Q evangelie wat as bron vir Mattues, Markus en Lukas gebruik is. die mondelingse getuienisse was wat van persoon na persoon oorgedra is en algemeen in al die vroeë gemeentes in omloop was. Daar was dalk ook verskillende skritelike weergwes .( verwys na Lukas 1 :1 en 2.)

. Dit lyk vir my of die historiese dokumentasie wat die Nuwe Testament ondersteun uit meer dokumente bestaan as wat die geval met ander antieke geskrifte is. Hierdie(Nuwe Testament) dokumente dateer ook wat tydsverloop betref baie nader aan die oorspronklike dokument as wat die geval met die antieke Griekse Roeinse dokumente die geval is.

Die tydsverloop verwys na die datum wanneer die dokument die eerste keer geskyf is en die datum van die oudste skikbare kopieë ( geen oorspronlike antieke dokument is nog ooit gevind nie) .

Besoek hierdie bladsy Basis vir my veronderstellings"

My Evaluasie .

Die maagdelike geboorte.

Die nuwe hervormers het die volgende argumente teen die maagdelike geboorte:

(i)Sperms en geslagtelike omgang is nodig om swanger te raak.

(ii) Profesieë wat verkeerdelik vertaal is.

(iii)Griekse mitologie met sy gode kinders het die Jesus verhaal beinvloed. Bewerings van maagdelike geboortes word deur baie vorste en konings gemaak gedurende die Nuwe Testamentiese daardie tydperk en beinvloed ook die Jesus verhaal. Daar is ook baie mites in die Griekse mitologie oor sogenaamde gode kinders ( bv. Hercules).

(iv) Die verskille in die geslagregisters van Jesus soos beskryf in die evangelies van Lukas en Matthéüs. (Matthéüs 1 en Lukas 3) .

(v)Die Ou Testamentiese professie oor sy lyding en opstanding word verkeerd vetolk, die professie verwys nie Hom nie. Die Nuwe Testament skrywers kleur net hulle stories so dat die Jesus verhaal voorkom asof dit vervulde professie is.

(vi) Die evangelies is baie lank na sy lewe geskryf en berus op oorlewering en nie ooggetuie verslae nie.

Kom ons ontleed hiedie argumente een vir een.

(i) Sperms en ova

Dit klink na en lyk na 'n baie goeie en uitstekende argument maar dit is natuurlik vandag moontlik om 'n maagd swanger te maak sonder om haar maagdelikheid aan te tas. Volg die volgende skakel vir 'n besrywing. . " Swanger Maagd?"

Die metode wat by die bogenoemde skakel beskryf word, is nog in sy kinderskoene en baie primitief. . As Homo spiens dit kan doen, hoeveel makliker is dit dan nie vir 'n skepper van energie en heelalle nie.

(ii)Vertolking of uitleg van professessiee

Verwys die profesie in Jesaja 7 vers 14 na 'n maagd of 'n jongvrou. Wat is die verskil tussen 'n jongvrou en 'n maagd. Wannneer is 'n vrou nie meer 'n jongvrou nie?

Die leser kan self die verskillende geleerde opinies nagaan ( Jesaja het nie 'n maagdelike geboorte in gedagte nie, die vertalers uit Hebreeus na Grieks het jongvrou foutiewelik as maagd vetaal ens)

Die belanrikste punt is, is " jong vrou" hier 'n idioom of nie? Wat sou die algemene Hebreër in Jesaja se tyd verstaan het? Het jongvrou na 'n maagd verwys of nie? My ouers het as hulle na 'n jong meisie verwys het, definief na'n ongetroude jong vrou verwys wat nog veronderstel was om 'n maagd te wees.(en hulle was produkte van die vroeë 20e eeu). Was dit nie nog meer die geval in Jesaja se tyd nie? (ja ek weet dat baie moderne Bybelnavorvers dink dat dat jesaja meer as skrywer het)

Wat het met 'n swanger maagd in Jesaja se tyd gebeur? As die profesie in die konteks van tyd en agtergrond gelees word , dui dit op 'n wonderwerk? 'n Maagd ( jong ongetroude vrou) wat swanger word en oorleef. (Nie gestenig word nie?)

Is ons vandag in 'n beter posisie om Hebreus na Grieks te vertaal as wat die vertalers van die Griekse Ou Testement was? Verstaan ons Jesaja se Hebreus beter as hulle? Is ons kennis van antieke Grieks beter as wat hulle s'n was? As hulle in die Sepagunt jongvrou as maagd vertaal, was dit 'n onkundige flater?

(iii) Griekse en Romeinse en ander mitologie word deur die Jode as heidens beskou. Ook bewerings van maagdelike geboortes van vorste en konings sou in Judisme as heidense bewerings beskou word. Word hierdie Joodse beskouing van wat heidens is,na die Christendom oorgedra? Die maagdelike geboorte word deur beide Matthéüs en Lukas beskryf. ( Die een 'n Jood en die ander 'n Griek) Sou die heidense mitologie enigsins 'n invloed op Matthéüs gehad het? Die verhaal van 'n maagdelike geboorte druis in teen teen die Hebreuse godsdiens. ( vergelyk met vorige punt). As 'n Jood (soos bv. Matthéüs) aan die maagdelike geboorte glo, sou hy dit as 'n wonderwerk van Yahweh beskou?

'n Maklike uitweg is om te sê nee die evangelie is nie deur Matteus geskryf nie maar het eers later sy verskyning gemaak, lank na Mattheus se dood. Gaan al my skakels na , doen jou eie navorsing en besluit self.

(iv) Die verskille in Jesus se geslagsregister in die evangelies volgens Mattheus en Lukas. Lees dit gerus weer. Lukas gebruik die die woorde "soos hulle geneem het" In albei Afrikaanse vertalings (Lukas 3 :23) word dit so vertaal. Hulle het gemeen hy is die seun van Josef. Josef het egter volgens Lukas 'n ander vader as die een in Matteus. Is Lukas se geslagsregister dalk Maria se geslagsregister en Heli Josef se skoonvader? En Jakop sy biologiese vader?

Dit is ook opvallend dat Lukas se gelagsregsiter Dawid se seun Nathan in plaas van Salomo as 'n voorouer van Jesus aandui. Nathan die seun van Dawid word net genoem as een van sy seuns wat in Jerusalem gebore is, Is hy na Nathan ( 'n belangrike profeet in Dawid se lewe) vernoem?

Die Ou Testamenstiese profesieë oor Jesus se lyding en opstanding verwys nie na Hom nie , maar na iemand anders. Vir my is die belangrikste van hierdie profesieë Jesaja 52 : 13- 15 en Jesaja 53 : 1- 12 . Veronderstel hierdie deel van Bybel het in Nuwe Tesstament bv. in Handelinge voorgekom. Veronderstel dit was 'n toespraak van een van die apostels. Na wie sou dit dan verwys het?

Lees dit gerus weer. Die persoon waarna verwys word, word beskyf as iemand wat onskuldig gestraf word vir die sondige dade van ander. Hy was verag maar word uiteindelik verhoog.

Jesus se opstanding uit die dood.

Die nuwe hervormers verwerp die opstandings verhale met veral die volgende baie goeie argument:

Ons weet as iemand dood is hy of sy dood. Dooies staan net nie op nie. Dit gebeur nie nou nie en ook nie toe nie.

Besoek die volgende skakel Opstanding uit die dood? Is dit teoreties moontlik om 'n dooie te laat herleef.

Wat is 'n wonderwerk. Ons het seker almal ons eie idee wat 'n wonderwerk is en of ons daarin glo. As iets "wetenskaplik" verklaar kan word, is dit nog 'n wonderwerk?

. Die skakel hierbo en ander die skakels wat op daardie bladsy gekry kan word, maak dit (teoreties altans ) moontlik vir ' n superintelligensie om dooies op te wek.

Hulle het ook ander argumente teen teen die opstanding: 1. Die ooggetuies se verslae verskil

'n Gewilde storie hier is om na die storie van die professor en vier studnete wat laat is vir 'n klas te verwys. (Die volgende skakel Die professor en die vier studente Wat as die professor die studente oorspronklik glo.. Die vyf ( die Professor en vier studente ontmoet weer vyf jaar later by 'n re-unie. Die Professor onthou weer die insident en wonder skielik of hy hulle storie so maklik moes aanvaar het.. Hy vra hulle nou watter band pap geword het? Dink baie mooi na. As hulle weergawes verskil, is dit 'n leuen of maar net die subjektiewe effek van ons geheue. As getuies se weergawe van 'nsident wat lank terug plaasgevind , een hoderd persent ooreenstem hoe groter is die kans dat die getueinisse ingestudeerr is en dus hoe groter die moontlikheid van 'n ingestudeerde leuen. Die subjektiewe belang van ;n insident verskil by verskillende indiwidue. Die regsgeleerde en Camal sigarette Hoe langer die tydsverloop , hoe meer gaan ooggetues se verslae verskil. As vier getuies beskrywing vyf jaar na 'n insident honderd persent ooreenstem, veral wat die chronologiese volgorde betref, was dit nie destyds instudeer en nou minder betroubaar? As getuies verskil maar in breë trekke tog ooreenstem na jare, is dit nie meer betroubaar nie? Maak hierdie menslike tekortkominge dan die Woord minder geinspreerd ? Die Heilige Gees is natuurlik bewus van hierdie tekortkominge en ispireer die woord sodanig dat dit menslike geheue patrone volg en daardeur dan ook geloofwaardig is. As dit ingestudeerde leuens was, sou daar baie min verskille wees. Ja ek weet die nuwe hervorming verwerp die inspirasie deur die Heilige Gees. . Getuies se betroubaarheid 2 Hulle het net gedink hulle het die opgestane Jesus waargeneem ( Iets wat soms met mense bebeur as hulle 'n geliefde verloor het, 'n tipe hallusinasie) Dit kom voor, maar daar is geen kliniese data wat aantoon dat dit ooit op so 'n groot skaal ( meer as vyfhonderd mense - I Kor 15 :6) en aan verskillende persone op verskeie geleenthede (Matthéüs 28, Markus 16, Luks 24, Joh 20 en 21 en I Kor 15 :4 -8). Hierdie hallusinasie word gewwonlik net deur een persoon ervaar . Die vroee Christene en apostels was bedrieërs of die opstanding het werklik plaasgevind.

3. . Lees ook Matthéüs 28, Markus 16, Lukas 24 en Johannes 20 en 21. Ook I Kor 15.

. Kom ons kyk weer na die sentrale argumentse van Paulus in I Kor. 15. Daar is mense wat die opstanding betwyfel,. ook in die gemeente van Korinte. Maak nie saak hoe daarna grkyk word nie, Paulus probeer hulle oortuig dat Jesus wel opgestaan het. Kyk na 1 Kor 15:12-14 Die opstanding is 'n grondbeginsel van die Christelike geloof. As jy dit nie glo nie en net Jesus as 'n voorbeeld wil gebruik hoe ons nou moet leef is ons "As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, is ons die ellendigste van alle mense". I Kor 15 :19. Is hierdie twyfelaars waarna Paulus verwys nie ook maar persone met die dieselfde geloof oortuigings as die Nuwe Hervormingsbeweging nie. Volg die volgende twee skakels: A HREF Ek dink nie daar bestaan enige twyfel daaroor dat Paulus se argumente die gemeente van Korinthe daarop wys dat all die Apostels en ander getuies wel die opgestane Jesus gesien het en eerlik daarvan getuig nie. Of dit of al die apostels is leuennaars en bedrieers ( I Kor 15 :15) Massa hallusinasies/

Wonderwerke en die nuwe hervormers.

Wonderwerke is onwetenskaplik en niks wat nie volgens natuurwetenskaplike wette gebeur nie, is moontlik nie. Weer 'n baie goeie argument.

Tog is daar 'n paar dinge wat ek dink baie moeilik wetenskaplik verklaar kan word Gaan na die volgende skakel Wonderwerke vir 'n bespreking.

Die leser word weer aangeraai om alles wat hulle kan oor die "super string theory" kan lees te ondersoek. Om dit hondred persent te verstaan , is baie gevorderde wiskunde nodig, maar enige intelligente persoon sonder enige wiskundige agtergrond behoort dit 50 % te verstaan en te begryp dat die "Newton wereld" wat ons waarneem, deel is van iets baie groter.

Indien 'n baie hoër intelligensie betrokke was, was die wonderwerke moontlik.

Die evangelie van Thomas.

Ek is nie 'n teoloog of 'n Bybelwetenskaplike nie. Net 'n gewone gelowige. Hierdie evangelie is op / in ontdek. Ek het dir deur gelees.,. Dit is eintlik maar 'n versameling van aanhalings van wat Jesus gese het. Is daar enige verwysing na Thomas se evangelie of aanhalings daaruit in die die werke van die eerste eerste geslag kerkvaders wat die apostels opgevolg het nie?

Ek is nog besig met navorsing hieroor, maar laat my tans ly deur die baie vroeer kerkvaders (2 e Eeuse) en dit lyk asof dit nie wyd aanvaar is nie.. Ek ondersoek dit egter nog en is nie seker oor sy waarde nie Die eerste geslag "kerk vaders", die wat die apostels opvolg verwys nie en haal nie uit hierdie evangelie aan nie. Of ek kon nog nie enige aanhalings teenkom nie.

Ander Leerstellings van Nuwe Hervormers Ontleed


Erfsonde

Is daar 'n erfsonde? Rus die ongehoorsaamnheid vna Adam en Eva op ons?

Wat is vooroordeel ( prejudice) ? Is dit nie 'n vorm van erfsonde nie? Kyk maar na ons wêreld. Hoeveel onheil ( evil) word nie deur vooroordeel veroorsaak nie. Hoeveel konflikte is daar nie vandag aan die gang a.g.v. vooroordele nie? Etniese,rasse, kulturele en godsdienstige vooroordele. Vooroordele wat ons van ons voorgeslagte geërf het en wat glad nie geneties oorgeërf is nie. Is ons suksesvol om dit te bekamp? Dit lyk nie vir my so nie. Kyk wat gebeur in Engeland na die terreur aanvalle. Onverdraagsaamheid het toeneem. Net 'n klein vonkie is nodig om dit dit in aan te help en dit is moeilik om te blus. Dit verskaf ons ook redes om ander groepe die skuld vir ons eie tekortkominge te gee. Dit is hulle skuld dat ons nou in hierdie gemors is , nooit ons eie nie.

Bykans vyftig jaar en ongeveer 2 geglagte se kommunistiese regering kon nie die vooroordele in die ou JoegoeSlavia uitroei nie . Die Balkan state is nog maar net so onstabiel soos in 1914, al lyk dit tans 'n bietie kalmer. Die potensiele enrgie vir konflik is steeds daar. Dit geld vir enige plek op aarde waar daar vooroordele bestaan. Ook in ons eie land. Vergelyk ook met hierdie bladsy < DIE EVOLUSIE VAN ETIEK

OfoOns dit wil glo of nie, die sondes van die vaders beinvloed en affekteer ons en ons kinders.

Selfsug en selfbelang. Dit is die ander groot euwel in ons samelewing. Vanaf geboorte is persoonlike gerief en gemak ten koste van ander , ons grootste beoefte. Ons hele lewe deur sal ons loeg en bedrieg om die eie ek te beskerm.

Laaste gedagtes. Kan 'n misdadger ooit deur straf sy sosiale skuld aan die gemeenskap betaal. Het 'n moordenaar wat sy tronkstraf uitgedien wel sy skuld aan die gemeenskap en aan die geliefdes en naasbetaandes van sy slagoffer(s) betaal?

Het die misdadiger se sondes 'n effek op sy geliefdes en naasbestaandes?

Die Bybel : Goddelike inspirasie of nie?

Hierdie is 'n geloofkwessie en buite die wetenskap ( sosiaale ,teologiese en natuurwetenskappe almal ingessluit)

Jy glo of jy glo nie.

Ek verwys weer na Jesaja 52 en 53.

As jy nie glo nie, gaan soek jy na redes om te bevestig dat hier na die lydende Messisa verwys word nie, en dit versterk jou ongeloof. As jy glo word dit as vervulde professie beskou en jou geloof word versterk.

As jy nie glo nie soek jy na redes en bewyse dat die Nuwe Testamentiese geskifte spesiaal aangepas is om by die Ou Testement aan te pas , sodat dit lyk asof Jesus se lewe vervulde professie was.

Weer 'n kwessie van geloof, was die Muwe Testemntiese skrywers bedriers. Het hulle nie uitgeleef wat hulle gepredik het nie?

Hoe eg is die skeppingsverhaal? Is groot dele van die Bybel maar slegs sprokies?

Beseoek weer die bladsy oor geloof. Geloof: Wat is dit?"

Moses ge gesondheids wette is egter baie, baie belangrik. Baie van ons huidige maatreëls om aansteeklike siektes en epidemies te voorkom , het baie in gemeen met sy gesondheidswette. Het hy dit van die Egiptenare gekry?

Is leser bewus van "Papyrus Ebers". Dit bevat al die mediese kennis en kennis van bewaring van liggame (balseming) waaroor antieke Egipte beksik het. Ongelukkig is dit antieke literatuur wat nie vrylik bekikbaar is nie en deur kopié regte beskerm word. As u ooit insae daarin verkry, sal dit u verbaas , Was Moses sy tyd vooruit?

Moses se wette help om siektes wat deur mikrorganismes versprei word te beperk. Die antieke Egiptenare het niks van vakteiree en virusse geweet nie! Die "Papyrus " het geen verwysing na Moses se maatreëls om siektes se verspreiding te voorkom nie.

Ek verwys hier veral na Numeri 19 :11, , Numeri 19:14, Nuwri 19:15 en Deuteronomium 23:12-13. In al die Ou Testamenstiese wette is baie van wat ons as moderne siektevoorkomende en higiënisie maatreëls beskou, bekryf. Waar het Moses sy inligting gekry? Definitief nie van die "Papyrus Ebers" nie.

Mesiaanse en Messias profesiee in die Ou Testemant.

Dit sluit nou aan by die vorige argument. Is die Jesus storie so aangepas dat dit moet lyk na vervulde professie? Is al die Nuwe Testamenstiese boeke sodanig aangepas? As dit is, was al die skrywers 'n klomp leunaars en bedrieérs.

Die leser is welkom om met kommentaar, antwoorde en teen argumente te verskil, maar besoek eers al die skakels wat ek hier aandui. My beskeie beskouing is dat enige teorie en argument in alle fasette getoets moet word. Alles wat daarop betrekking het, of dit die teorie of argument ondersteun of dit verwerp, moet ondersoek, getoets en gedebatteer word. Besoek die volgende skakel toets jou idees

Ons e-pos addres is op een van die skakels bekikbaar. Ons probeer gemors pos tot die minimum beperk en daarom word dit nie op elke bladsy geplaas nie.Ek wil ook graag hé dat die leser al die artikels moet lees voordat hy of sy na 'n pen of"OUTLOOK EXPRESS" gryp.

SKAKELS

Is die nuwe hervorming reg?

Verdraaide skrif aanhalings

Wet van God is liefde

Is daar 'n sg. Geestelike Faktor?

Rerige sameswering?

Berou

Standaarde vir goed en sleg

HerkenSpoorIntelligensie

Kersfees?