Die Basis van My Veronderstellings


Die Skrywers van die Nuwe Testament

Waarom maak ek die aannames oor die outeurs van die evangelies, terwyl baie historici, moderne bybel wetenskaplikes ( nuwe hervormings netwerk , Jesus seminaar) met my sal verskil.

My eerste oorweging

Alhowel daar nie spesifiek in die evangelies na die skrywer of outeur verwys word nie, het die ou gelowiges skynbaar elke evangelie aan 'n spesifieke persoon gekoppel. Die persoon aan wie 'n spesifieke evangelie gekoppel is, moes 'n baie bekende figuur gewees vir 'n sodanige assosiasie.

Matteus, Markus , Lukas en Johannes was sulke bekendes. Al die gelowiges ( of ten minste die oorgrote meerderheid) sou weet wie hulle was.

My Tweede oorweging word gevind in Lukas 1 :1 "Aangesien baie onderneem het om 'n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons vervul is (meer as een ( sommer baie Q-evangelies)).

My derde oorweging.

Christene is verondersel om nie te lieg nie. Dit is een van grondbeginsels van die geloof. Is die skywer dan 'n leunaar en bedriër as hy in Lukas 1 : 2 skryf "soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het "