Boodskap 22 Des 2007
Wat sou iemand wat nooit van Christus gehoor het nie van ons huidige kersfees dink. Ter ere van wie vind dit plaas, sou hy of
sy antwoord as hulle gevra sou word? Die versierings, die advertensies en die TV vermaak laat dit lyk asof dit hulde
bring aan 'n besondere persoon. So 'n buitestaander sou waarskynlik antwoord dat dit 'n feestyd is wat hulde bring aan KERSVADER.
Is dit nie tans die fees ter ere van Kersvader nie?
Niks of baie weinig oor die werklike betekenis daarvan word in die media gesien (Advertensies ingesluit) .
Is die werklike betekenis vrede , deernis en barmhartig heid. Nee. Hierdie dinge volg die werklike betekenis.
Is Kersfees nie die herdenking van die geboorte van die VERLOSSER nie ?! Die herdenking van God se geskenk aan die mensdom.
En onthou dit is net 'n herinnering aan hierdie geskenk. Niemand weet wanneer die Verlosser gebore is nie. Die huidige Kersfees het sy oosprong in die in die antieke tye in die noordelike halfronde. Teen die einde van Desember het die dae langer begin word en die terugkeer van die son is gevier.