Die Christelike geloof kan kortliks soos volg opgesom word.
Wat is die slegte nuus? Alle lewe volg 'n pad wat na die dood lei. Dit lyk reg, ons kennis
en insig laat dit reg lyk maar dit eindig in 'n dood loop straat.
Die goeie nuus is dat daar 'n offer gebring is. Hierdie offer maak 'n poort ( deur of hek) oop
na 'n nuwe straat. Die dood loop straat word omseil en hierdie nuwe weg lei na 'n beskryflike skat.
Die offer is die kruis dood van Jesus .
Dit is dan kortliks die Christelike boodskap.
Die nuwe hervorming glo
Die nuwe hervorming glo dat Jesus se lewe uniek was en 'n navolgenswaardige voorbeeld daar gestel het.
Dit stop egter daar. Daar is geen dood loop straat nie. Jesus se voorbeeld het net vrugte in hierdie lewe.
As dit nagevolg word maak dit ons wêreld 'n beter plek. ( ons sal ons planeet en al sy bewoners beter oppas
en in harmonie met alles in die heelal bestaan as ons sy leerstellings volg)
Is dit regtig die moeite werd om Jesus as 'n rol model te gebruik, naamlik die historiese Jesus van die nuwe
hervorming? Sal nuwe hervormers regtig daarin slaag om die wêreld te verander? Is die mens van nature nie
te geweldadig en selfsugtig nie?
Volgens die nuwe hervormingsnetwerk is die volgende skrifgedeeltes of heeltemal verkeerd of word dit deur baie lesers
verkeerd verstaan:
Spreuke 14 :12 Ook Spreuke 12:28
Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
(12:28 )Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid. )
I Kor 2:1 en 2
2:1 En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met
voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,
2:2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus,
en Hom as gekruisigde.
I Kor 15:19
15:19 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.
Is dit nie dalk meer die geval dat die einigstes wat hierdie gedeeltes regtig verstaan, die is wat weet wat
die "DOOD LOOP STRAAT" werklik is nie? Die wat die wanhoop regtig ervaar het!
Beskyf dit nie dalk die weg wat hulle wat hulle in hulle wanhoop ontdek het nie?
Matt 13:44
13:44 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n skat wat verborge is in die saailand,
wat 'n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het,
en koop daardie saailand
Matt 13 :45 en 46
13:45 Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n koopman wat mooi pêrels soek;
13:46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.
Is jy werklik gelukkig? Is jy heeltemal tevrede met jou lewe? Is daar niks wat jy graag sou wou verander nie?
Dan is die goeie nuus nie vir jou nie.
Ons is in tyd vasgekeer. Tyd verloop vir ons net in een riting en op die pad van die lewe is dit onmoontlik om
om te draai|. Ons ksn nie teruggaan en ons keuses verander nie.