Boodskap vir 21/12/2007
Ons fynkam die buitenste ruimte met radioteleskope om meer te wete kom van die wonderlike heelal waarin ons sonnestelsel en ons sterrestelsel , die melkweg, geleë is. Die radioteleskope is ook op soek na seine wat op intelligente lewe kan dui .
MAAR SAL ONS INTELLIGENSIE KAN HERKEN .
Sal die volgende kode op intelligensie op intelligensie dui. ( probeer dit ontsyfer)
Hier op ons planeet is daar ook 'n kode aanwesig. 'n Kode wat in twee baie soortglyke maar tog verskillende chemiese molekules gestoor word. Hierdie molekules is in staat om hulleself te dupliseer en om met die inligting wat in die kode aanwesig is, 'n menigte van verskillnede voorwerpe te bou en in stand te hou..
Hierdie kode is in staat om hierdie voorwerpe instand te hou , hulle te dupliseer en om ook selfs nuwe voorwerpe te bou.
As hierdie kode , en onthou dit is die enigste kode wat in die natuur voorkom, spontaan ontstaan het, kan ons enige seine vanuit die butenste ruimte vertrou as van intelligente oorsprong. Dit maak nie saak watter patrome hierdie siene volg en hoe intelligent hulle lyk nie, as die genetiese kode spontaan ontstaan het, dan kon enige sein wat op intelligensie dui, ook spontaan ontstaan het.
Volgens hierdie agument sal ons dus nooit intelligensie op hierdie wyse kan ontdek nie.Vandaar die vraag : Sal ons die spore van intelligensie herken as ons dit teëkom?
Geld dieselfde dan nie dalk ook vir iets soos Stonehedge nie. Dit is net 'n toevallige rotsformasie wat lyk afof dit deur menslike tussenkoms ontstaan het.
Of is die mensdom besig met 'n grootse maar teergeefse poging om die volgende woorde verkeer d te bewys:
Sy onsigbare vermoës kan van die begin van die skepping af in sy werk gesien en verstaan word ,
naanlik sy ewige energie en mag. Niemand kan homself verontskuldig en beweer ek het dit nie geweet nie.
Is 'n skepping sonder 'n skepper moontlik? Hulle wou die skepper nie as skepper herken nie maar het hulle eie dwase menslike wysheid gevolg en hulle het verstrik geraak in hulle eie dwase aannames.
Dit is 'n vrye vertaling van Romeine 1 : 19 -22.
Lees dit gerus weer en in soveel vertalings as wat u kan,
Ek vra weer aanbid die mensdom die Skepper of die skepping ?
want wat tans van die Skepper geweet kan word , is in alle lewe maar veral in menslike lewe
gereflekteer . Want die Skepper laat dit reflekteer .
“