Die definisie in Hebeers 11 : 1 is vandag nog net so 'n goeie definisie as toe.
"geloof dan is 'n vaste vetroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van dinge wat
ons nie sien nie".
My eie definisie is : Geloof is om die getuienis van betroubare getuies te aanvaar. Die
voorwaarde is dat jy, die gelowige, die getuienis as betroubaar aanvaar. (vertroue op
die dinge wat ons hoop).
Sommige lesers wat nie bewus is van die nuutste kosmologiese teorieë nie, gaan dalk verbaas wees om
te hoor dat die OERKNAL dalk eerder 'n OERSTAMP was. ( BIG BANG vs BIG CLAP) Gaan die OERKNAL idee
dalk ook die dieselfde weg as eter volg?
(Rig jou soek enjin na "Steinhardt and n Turok niverse. Interesaant is lg se Suid-Afrikaanse verbintenis)
Bestudeer dit goed en lees en wyd , ons 4 dimensionele heela ( as tyd as 'n dimensise beksou word lyl
dit .
Die vervaardiger van my motor beweer dat sy enjin 'n maksimum draaimomet van 300 Newton meter
teen 2000 omwendelinge per minuut lewer en dat die maksimum werkverriging 200 kiloWatt teen
4500 opm is. Ek het dit nie self getoets nie, maar ek glo en aanvaar die vervaardiger as 'n
betroubare getuie. Die ingeligde leser sal ook dadelik kan bepaal wat se tipe krgbron hier ter
sprake is.
Die voorbeelde is legio. Die leser self kan seker aan honderde dink.
Die probleem is hoe om tussen waarheid en geloof te onderskei. Dan is daar ook die moontlikheid
dat daar meer as waarheid mag wees.
Meer as een waarheid?
'n Elektron is soms 'n Newton deeltjie (soos 'n baie klein albasterjie ) dan weer is dit 'n golf.
Twee heeltemal verskillende dinge in ons Newton węreld. Ons kan albasters vang en in houer
( bv 'n mandjie ) gou. Die houer het net 'n beperkte inhoud en kan net soveel albasters hou.
'n Golf kan nie gevang en in houers geberg word nie. Hoe vang 'n mens 'n sonstraal, tog het
'n elektorn albei hierdie eienskappe, of is dit net 'n illusie ? 'n Illusie omdat ons sintuie
'n Newton węreld waarneem waar die pieke van golwe soos deeljies lyk en laagtepunte nie
waargeneem word nie? As hoogtepunt en laagtepunte met dieselfde amplitude op mekaar superimpneer kry
ons 'n sg. niks. Dit is die rede vir die groot spasie tussne elektone en die atoom kern en ook
die rede vir die " niks " in 'n vakuum. Die hoogte en laagte punte van golwe het mekaar
uitgekanselleer en in ons Newton węreld neem ons sintuie dit waar as 'n vakuum.
Bg. argument hoogs vereenvoudigde verduideliking is een moontlikheid hoekom ons materie ( vaste
stowwe, vloeistowwe, gassa en plasma) waarneem as konkrete voorwerpe terwyl dit
in die kwantum węreld eintlik heel anders lyk.
'n Groot kosmoloiese verassing was die bevinding wat dat ons heelal se tempo van uitdeining ( utsetting, "expansion")
teen'n al hoe vinniger tempo plaasvind. Dit is presies die teenoorgestelde van wat verwag is.
(Hoekom?)
Nie alles is wetenskaplik verklaarbaar nie. Selfs Fiskika en Kosmologie berus ten dele
op geloof. Wetenskaplikes skep hipoteses om die leemtes in kennis te vul. Sommige
van hierdie hipotessis word soms tot gelowe omskep ( "geloof dan is 'n vaste vetroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van dinge wat
ons nie sien nie".)
Ek dink dadelik aan eter, die geheimsinge stof wat die hele heelal en kosmos
sou gevul het, maar nooit waargeneem kon word nie. Die een voorbeeld van 'n wetenskaplike
geloof wat nou 'n bygeloof word het.
Is "dark matter" en "dark energy" nog sulke gelowe wat later in in bygelowe kan vernader
Niemand is seker wat dit regtig is nie maar die geloof daaraan help ons om die heelal
soos ons dit tans waarneem , beter te verklaar.
En wat van Einstein se "my greatest blunder" of te wel sy kosmiese konstante wat hy verwerp het
as 'n bygeloof maar wat nou weer alhoemeer as 'n leerstelling (doctrine) aanvaar word?
Wat probeer ek nou eintlik sę ? Net dit : Die węreld soos ons dit sien en probeer verklaar
en verstaan is waarskynlik maar net'n fraksie van die werklikheid. Ons probeer dit verklaar vanuit
''n geloof oogpunt. Ek neem tans drie tipes gelowe waar:
1. Geloof in een tipe ware Godsdiens ( Judisme, Christendom , Islam ens)
2. Geloof in 'n misteruiese iets en dat alle godsdienste net variasies van een en dieselfde ding
is. (Sommige sal dit as "New age" etikiteer)
3. 'n Absolute materiele benadering. Alles wat bestaan is die toevallige interaksie van
kragvelde en hoe die waarnemer dit waarneem. Alles kan uiteindelik op 'n mateiele natuurwetenskaplike
manier verklaar word. ( Sg. ateistiese geloof)
Jou geloof bepaal hoe jy dinge gaan probeer verklaar.
Hierdie reeks artikels gaan oor my vertroue in die Chiristelike geloof. Dit is nie "outdated" nie.
Lees eers alles voor jy van my verkil. Of is jy 'n boek verbrander?