Duiwel verdraai die bybel al glo nuwe hervormings netwerk nie dat hy bestaan nie

Skrif gedeeltes: Psalm 23
dan Matt 4 : 6 " Op hulle hande sal hulle jou dra
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie"
Dan Matt 4 : 1-11

Lees Ps 23 weer met aandag deur. Die eertse deel dui op 'n vreugdevolle tydperk. O wee dan kom die slegte tydperk, maar die SKEPPER is in beheer en uiteindelik is die gelowige geseënd.

Matt. 4 wys ons weer daarop dat selfs die Seun tyd in die wildernis deurbring. In hierdie moeilike tye kom die groot leunaar en verleier en gebruik selfs skrifgedeeltes ( natuurlik verdraai) om sy doel te bereik.

Hoe word hy beveg?

Met die swaard (Woord) wat met wysheid gebruik word.

Hoe verkry ons hierdie wysheid?

Die vrees( respek) vir Here is die begin van alle wysheid...